PreekNOTAS

God se Woord is Gees en Lewe - in jou!
Preke op YouTube

Sondag 6 November 2022 - Wie is ons?

As jy jou identiteit verstaan, sal jy jou aktiwiteit verander 

1 Kor 15:1-5

Vriende, ek wil hê julle moet die goeie boodskap baie goed verstaan, die goeie boodskap wat ek vir julle gebring het. Julle het die boodskap geglo, julle is seker dat die boodskap waar is, en dit red julle. Maar dan moet julle aanhou om die goeie boodskap te glo soos ek dit vir julle gebring het. As julle iets anders glo, dan beteken dit niks dat julle glo nie. Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus is begrawe, en God het Hom op die derde dag weer laat lewe. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus het verskyn aan Sefas, en daarna het Hy ook verskyn aan die twaalf apostels.

Te midde van baie stemme in ons kop wat oorlog voer teen ons identiteit vergeet ons wie ons in Christus is. Ek moet myself daagliks daaraan herinner dat my identiteit nie lê in my foute, my stryd, my verleentheid oomblikke, daardie ontmoedigende negatiewe stemme in my kop, ens.

Satan veg voortdurend teen gelowiges om te veroorsaak dat ons ons ware identiteit uit die oog verloor. God stort voortdurend Sy genade uit en herinner ons aan ons is. Hy herinner my voortdurend om nie stil te staan by my mislukkings nie, Sy genade te ontvang en voort te gaan.

Efes 2:4-10  Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.  (5)  Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!  (6)  Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,  (7)  sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.  (8)  Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.  (9)  Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.  (10)  Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

“My deepest awareness of myself is that I am deeply loved by Jesus Christ and I have done nothing to earn it or deserve it.”

Kol 1:13-14  Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.  (14)  Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

“The more you reaffirm who you are in Christ, the more your behavior will begin to reflect your true identity.”

Rom 8:1-4  Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.  (2)  Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.  (3)  Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.  (4)  Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

“Outside of Christ, I am weak; Inside of Christ I am strong.”

Wat beinvloed wie ek is??????

  1. Heb 11:1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
  2. Ps19:15  Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
  3. Ps 119:105-106  U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.  (106)  Ek het ‘n eed afgelê, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig.
  4. Joh 16:13  Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.

“Our true identity is found when we stop being “who we are” and start being who we were created to be.”

“We are sons and daughter of the King, who is not moved by the world. For my God is with me and goes before me. I do not fear because I am His.”

Rigters  6:11-16  Daarna het ‘n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in ‘n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.  (12)  Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!”  (13)  Maar Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die Here ons in die steek gelaat: Hy het ons oorgegee in die mag van die Midianiete.”  (14)  Toe het die Here na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: “Gaan met die krag wat jy het en gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Toe, Ek stuur jou!”  (15)  Maar Gideon sê vir Hom: “Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”  (16)  Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.”

Vorige NOTAS